GEBAKTE POEDING MET DADELS EN LEMOENSOUS
Ek het vandag die Jan Ellis so bietjie ‘n twist gegee en dit was regtig ‘n heerlike verandering.
- 1.5 koppies bruismeel
- 2 eiers
- 2 eetlepels appelkooskonfyt
- ½ koppie suiker
- 125 g sagte botter
- knippie sout
- ½ koppie melk
- 1 teelepel koeksoda
- ½ koppie fyn gesnyde dadels
- gerasperde skil van 1 lemoen
Los die koeksoda in die melk op en plaas eenkant. Klits eiers en appelkooskonfyt saam in ‘n aparte bak.
Meng die res van die bestandele saam in ‘n mengbak, sit die eiermengsel by en meng goed.
Giet die melkmengsel by en meng goed.
Skep die beslag in ‘n voorbereide oondvaste bak van ongeveer 25 x 25 cm.
Bak by 180 ºC vir 30 min. (waaier oond by 170 ºC)
Terwyl die poeding bak, meng die volgende en kook saam, giet die warm sous oor die warm poeding wanneer dit uit die oond kom.
Help die sous sou bietjie in en onder die poeding in met ‘n slap mes.
- 1 koppie room
- 1 koppie sagte botter
- ½ koppie suiker
- 5 ml vanilla geusel
- sap van 2 lemoene aangevul tot by 250 ml met kookwater
Sit warm voor saam met vla of roomys. Geniet dit baie!
Resep en foto: Rina Kleinhans