Your Recipe Blog

GEBAKTE PERSKEPOEDING

Avatar photo
Recipe by
Cook: 35 - 40 minute

GEBAKTE PERSKEPOEDING

Ietsie vinnig met min moeite.

  • 2 koppies bruismeel
  • 1 koppie suiker
  • 1 blikkie perskes, gesny in blokkies
  • 125 g margarien/botter
  • 1 eier

Meng bruismeel en suiker saam in ‘n mengbak. Dreineer perskes en meng saam met die meel- en suikermengsel.
Smelt botter en voeg by die mengsel. Klits eier en meng in by die beslag.
Roer goed deur tot alle perskes bedek is.
Skep mengsel in gesmeerde oondbak. Bak teen 180°C vir 35 – 40 minute.

Nota:
Bedien saam roomys of vla. Ek strooi suiker bo-oor die mengsel voor ek dit bak.
Dit vorm ‘n lekker krakerige kors dan.
Hierdie resep kan ook gemaak word met geblikte appels en bietjie kaneel.

Resep en foto’s: Natania Malan
Derde foto: Cecile Du Preez (Ek’t toevallig vanaand ‘n appel weergawe gemaak)

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page