GEBAKTE PERSKE- EN KLAPPERPOEDING
- 500 ml bruismeel
- 5 ml bakpoeier
- 1 ml sout
- 190 ml strooisuiker
- 60 ml sagte botter
- 2 eiers
- 5 ml vanilla geursel
- 120 ml melk
- 1 blik gesnipperde perskes in stroop
- 150 ml fyn klapper
- ± 20 ml appelkooskonfyt
- Sous:
- 125 ml stroop van die perskes
- 375 ml water
- 125 ml strooisuiker
- 50 ml botter
Voorverhit die oond tot 180°C, en bespuit ‘n oondvaste bak met kosssproei.
Sif die bruismeel, bakpoeier en sout saam.
Klits die suiker en botter tot lig en klits die eiers een vir een by.
Voeg die vanieljegeursel by die melk en voeg beurtelings met die droë bestanddele by die eiermengsel. Meng deur.
Skep die helfte van die beslag in die bak.
Rangskik die perske stukke bo-op en skep ‘n klein skeppie appelkooskonfyt tussen die perske stukke. Sprinkel die klapper oor en skep lepelsvol van die res van die beslag bo-oor om te bedek.
Maak die beslag met ‘n nat lepel se agterkant gelyk en bak ongeveer 30 min lank tot goudbruin en gaar.
Berei intussen die sous deur al die bestanddele saam te verhit oor lae hitte.
Roer totdat al die suiker gesmelt is, verhit tot kookpunt en prut 5 min lank stadig.
Giet warm sous oor warm poeding sodra dit uit die oond uit kom.
Bedien saam met vla.
Resep en foto: Amanda Austen












