GEBAKTE PAMPOEN- EN PATATKOEKIES
- 3 koppies gaar gemengde pampoen en patats
- 250 ml pitlose ingelegde kersies, gehalveer
- 250 ml room
- 125 ml bruismeel
- 1 eier
Pampoen en patats mengsel kan volgens eie keuse gaar gemaak word.
Meng pampoenmengsel, kersies, room, bruismeel en eier saam.
Skep die mengsel in voorbereide kolwyntjie panne.
Strooi kaneelsuiker oor.
Bak by 180°C vir 25 min.
Resep geplaas deur Elna Erasmus
Foto: Elna Erasmus
Category:












