GEBAKTE MILJOENERS KAASKOEK
Die amerikaanse miljoener tert bak ‘n mens nie en kry ook nie roomkaas in nie. Persoonlik hou ek van ‘n gebakte kaaskoek. En dit aangepas om ‘n gebakte kaaskoek te verkry.
- Kors:
- 1 pakkie Tennisbeskuitjie fyn gemaak
- 80 – 100 ml gesmelte margarien/botter
- Vulsel:
- 2 houers maaskaas
- 1 blikkie kondensmelk
- 125 ml suurlemoensap
- 1/2 koppie suiker
- 2 teelepel vlapoeier
- 1/2 tot 1 koppie room styfgeklits
Meng die fyngemaakte beskuitjie krummels met die margarien en druk as kors op die bodem van jou tertbak vas.
Klits die room styf.
Meng die res van die bestanddele saam buiten die room.
Vou die room by die mengsel in.
Variasie- voeg by na smaak:
pynappel stukkies
‘n klein pakkie gedroogte vrugte mengsel (Dus die pakkies wat neute, rosyne, piesangstukkies en klapper gemeng is.)
Bak by 180 ºC vir 45 minute
Resep en foto: Nella Kootstra
Nota:
Rina Kleinhans – maak net jou beskuitjies fyn en meng met gesmelte botter tot dit lekker klam is en aanmekaar vasklou, gewoonlik so 80-100 ml op ‘n pakkie beskuitjie, toets maar dat dit nie te los is nie, anders val die kors uitmekaar uit wanneer jy die tert uitskep om te bedien.