GEBAKTE KONDENSMELK TERT
Klits kondensmelk en suurlemoensap saam tot styf.
Voeg geklitste eiergele by.
Pak tennisbeskuitjies in tertbord en giet die mengsel bo-oor.
Klits eierwitte styf en voeg die strooisuiker geleidelik by.
Skep bo-op die vulsel.
Bak in matige oond so by 150 ºC, tot eierwitte goudbruin is.
Nota:
Om te voorkom dat die tert waterig raak onder die meringue, strooi bietjie maizena oor die tert voor jy die eierwitte opsit, dit help daarvoor – Rina Kleinhans
Resep geplaas deur Linda Venter
Foto: Linda Venter