Your Recipe Blog

GEBAKTE HOENDERGEREG

Avatar photo
Recipe by
50 min
Cook: 50 min

GEBAKTE HOENDERGEREG

  • 4 hoenderborsies (elk in 3 verdeel in die lengte)
  • 4 aartappels (kook in ‘n pot tot amper gaar en sny dan in kwarte)
  • 1 suurlemoen se sap
  • 1 tamatie, gerasper
  • 1 knoffelhuisie, fyn opgekap
  • 1 blikkie klapperroom
  • ½ koppie melk
  • 2.5 ml borrie
  • 5 ml masala poeier
  • 30 ml blatjang
  • genoeg sout en peper

Meng al die bestanddele saam behalwe die aartappel en hoender.
In ‘n oondpan, sit ‘n klein bietjie olyfolie in. Pak dan hoenderstukke en aartappels in die pan. Maal vars sout en peper oor.
Voeg helfte van die melk sousie oor en bak in oond vir 30 min teen 200°C.
Haal uit en gooi res van die sous oor en bak vir nog 20 min.
Sprinkel met vars kruie – ek het pietersielie en basiliekruid gebruik.

Bedien op rys en geniet.

Resep en foto: Karen Jansen van Vuuren

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page