Your Recipe Blog

GEBAKTE HALLOUMIKAAS

Avatar photo
Recipe by
Cook: 10 min | Servings: 2 porsies

GEBAKTE HALLOUMIKAAS

  • Meng in ‘n stamper en vysel die volgende tot ‘n pasta/sousie:
  • 1 gekapte knoffelhuisie
  • knypie seesout vlokkies
  • gemaalde swart peperkorrels
  • 2 eetlepels olyfolie
  • 1 eetlepel heuning
  • vars tiemie blaartjies
  •  ‘n paar roosmaryn blaartjies
  • 1 suurlemoen se sap
  • Ekstra:
  • Halloumi-kaas
  • suurlemoenskyfies

Voorverhit oond tot 200 º C.
Sny die Halloumi-kaas in porsies. Smeer die kruiepasta rondom die kaas sodat dit mooi bedek is.
Spuit ‘n tertbak en plaas kaasporsies daarin. Sit ‘n suurlemoenskyfie bo-op elkeen.
Bedruip met res van die kruiepasta.
Plaas in oond vir so 10 min.
Bedien dadelik en geniet hierdie smaakbederfie!

Resep en foto: Laetitia Burger

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page