Your Recipe Blog

GEBAKTE GEELPERSKE MET HEUNING

Avatar photo
Recipe by
Cook: 50 minute

GEBAKTE GEELPERSKE MET HEUNING

  • 6 geelperskes
  • 100 g botter
  • 60 ml heuning
  • knippie brandrissie, vir die wat hou van byt
  • 250 g Mascarpone kaas of roomys of room of net wat jy wil

Verhit die oond tot 200°C.
Halveer perskes en skep die pitte uit.
Plaas die helftes, met skilkant na onder, in vlak muffin pan.
Plaas stukkie botter in elke holte. Skep heuning oor elke perske.
Sprinkel bietjie brandrissie vir die wat hou van byt.
Bak vir 45 min en dan onder rooster vir 5 min.
Sit warm voor met Mascarpone kaas of roomys of room of net wat jy wil.
Lekker eet.

Foto: Christina En LP Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5