GEBAKTE AARTAPPEL EN SAMPIOEN GEREG
- 10 medium grootte gekookte aartappels, effe sag gekook, nie pap nie, skil aan
- 250 g gesnyde sampioene
- 1 ui, fyngekap
- sout en peper
- gerasperde kaas
- Witsous:
- 2 koppies melk
- 3 eetlepels margarien
- 3 eetlepels koekmeel
- 1 eetlepel aangemaakte mosterd
- sout en peper na smaak
Sny die aartappels in blokkies en plaas in ‘n oondbak.
Braai sampioene en uie en skep oor die aartappels.
Plaas witsous bestanddele in ‘n kastrol en meng goed dat daar geen klontjies is nie.
Kook oor medium hitte totdat witsous dik en gaar is.
Voeg handvol gerasperde kaas by witsousmengsel en roer deur.
Giet die witsousmengsel oor die aartappels en sampioene en meng liggies deur.
Rasper genoeg Cheddar kaas en sprinkel bo-oor.
Bak vir 30 – 40 minute by 180°C.
Geniet dit!
Bedien saam met braai vleis of saam met wors, hoender, tjops of vis vir ‘n vinnige aandete.
Resep en foto: Lorraine Weitz Brandt