GAZPACHO A LA PIERRE
- 4 tamaties, geskil en ontpit. Gebruik meer tamaties as jy kleineres gebruik
- 2 stokkies seldery
- ½ groen soetrissie, in blokkies gesny
- ½ komkommer, ontpit en geskil
- 1 groot gekapte ui
- 25 ml knoffel, opgekap
- 100 ml olyfolie
- 25 ml suurlemoensap
- balsemkruid, opgerol en dan gesny
- rissiesous of rissies, sonder pitte na smaak
- sout en swartpepper na smaak
- heuning of suiker na smaak (om die tamaties se suur te balanseer)
- dik sny witbrood, sonder korsies
- Garnering:
- 1 eetlepel gewone jogurt
- 1 tamatie, in blokkies gesny (gebruik net die vleis van die tamatie)
- 2 blare balsemkruid, gesnipper
Kap alles in ‘n voedselverwerker (met ‘n lem) tot gladde tekstuur.
Verkoel oornag.
Haal die sop uit so ‘n uur voor opdiening en proe.
Tamaties proe beter as dit kamer temperatuur bedien word.
Garneer die sop en bedien.
Resep lewer 2 koppies sop.
Resep en foto: Pierre Tlc Steyn
Category: