Your Recipe Blog

GARNAAL KERRIE

GARNAAL KERRIE

  • 15 ml  olyf- of avokado-olie
  • 2 uie, gekap
  • 15 ml gekapte knoffel
  • 15 ml gekapte gemmer
  • 15 ml gekapte brandrissies
  • 30 ml Nomu tandoori speserye
  • fyn gerasperde skil en sap van 1 lemmetjie
  • 1 x 425 g blik heel geskilde tamaties, fyn gedruk met ‘n vurk
  • 1 x 425 g blik klappermelk
  • 15 ml mielieblom
  • 30 ml water
  • 800 g garnale, ontvries, skoongemaak en doppe (behalwe stert) verwyder
  • sout en gemaalde swartpeper
  • 100 g (1 pak) gevlokte amandels
  • hand vol koljander, gekap
  • 1 lemmetjie, in wiggies gesny

Verhit die olie in ‘n pan oor matige hitte en soteer die uie daarin tot sag.
Voeg die knoffel, gemmer en rissies by en braai vir 1 min.
Voeg die tandoori speserye, lemmetjieskil en -sap, tamatie en klappermelk by.
Bring tot kookpunt. Meng die mielieblom en water tot glad, voeg by die sous en prut vir 5 min.
Druk die garnale met kombuispapier droog en voeg by die sous.
Prut vir 5 min. tot gaar. Geur na smaak.
Meng die amandels en koljander deur.
Sit met lemmetjiewiggies voor.

Foto:  Suretha Jansen de Swardt

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page