Your Recipe Blog

GARDINIERE (SELDERY PIEKELS)

GARDINIERE  (SELDERY PIEKELS)

‘n Amerikaas-Italiaanse piekel wat heerlik is by enige ete wat ‘n bietjie suurigheid benodig. Op ‘n burger, boereworsrol, kaasbord…basies orals!  Ek eet dit met ‘n lepel uit die bottel want dis net so lekker…maklikste resep ooit!

  • ½ bos seldery, blare afgesny en stingels in skyfies gesny
  • 3 – 4 vars rissies, gesny
  • 1 rooi ui, in dun skywe gesny
  • 1 rooi pepper, in blokkies gesny
  • 2 eetlepels heel koljandersaad
  • 2 eetlepels sout
  • 1 teelepel rooipeper
  • Canola olie
  • asyn

Meng al die groente saam. Pak goed saam in 2 glasbottels.
Rooster die koljandersaad vir ‘n paar minute in ‘n droë pan, tot geurig.
Maak fyn. Verdeel koljandersaad, rooipeper en sout tussen die twee glasbottles.
Gooi elk bottel ½ vol met asyn, en vul die oorblywende helfte met olie.
Bere in die yskas, en gebruik na 24 uur.

Resep geplaas deur Ilze Garbers Jacobs
Foto:  Ilze Garbers Jacobs

2 Reviews

  1. PAULA VILJOEN

    Ilze,
    Kan hierdie resep van jou wil ek probeer. Kan jy dit bottel, waterbad en dan seel en op die rak hou inplaas van in die yskas. Ek het op die oomblik baie seldery en wil dit bottel vir later. Jou resept lyk heerlik.

    • Hi Paula hier is Ilze se antwoord en ek dink sy is heeltemal reg ek het nie daaraan gedink dat niks gekook is nie.
      Ek weet in die yskas is dit 100%-maar is altyd versigtig as groente nie gekook is nie (want dan word die ensieme nie geïnaktiveer nie, en dis wat die spul gaan laat sleg raak). So ek sou nie (as n voedselwetenskaplike) dit doen nie. Hierdie is n “quick pickle” wat in die yskas gehou moet word.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page