FYN PERSKEKONFYT – MIKROGOLF
- 1 kg taaipit perskes
- 125 ml suurlemoensap
- 1 kg wit suiker
Skil, halveer en ontpit die perskes. Sny die halwes in stukkies op en plaas dit in ‘n diep mikrogolf bak. (2 liter) Sprinkel die suurlemoensap oor die perskes en bedek die bak.
Mikrogolf die perskes ongeveer ‘n kwartier by 100% krag tot sag.
Verpulp die perkes en skep terug in die mikrogolf bak. Voeg die suiker by en roer goed deur. Mikrogolf die mengsel onbedek 20 min lank by 100% krag tot dik. (roer gereeld)
Bottel warm en verseël dadelik.
Stien se nota:
Ek weeg eers die perskes na dit geskil en ontpit is.
Het die verpulp sommer in die mikrogolf bak gedoen met die “stick blender”.
Ek het net 750 g suiker gebruik, want ons hou nie van baie soet konfyt nie.
My tweede kooksessie was net so 12 – 14 minute.
Roer gereeld tussenin, want dit neig om oor die bak te kook.
Foto: Stien Rust












