Your Recipe Blog

FUDGE MET WHISPERS

Avatar photo
Recipe by
Cook: 6 - 8 minute | Servings: 20 - 30 blokkies

FUDGE MET WHISPERS

  • 500 g strooisuiker
  • 125 g botter
  • 1 blik kondensmelk
  • 10 ml asyn
  • 10 ml vanilla geursel
  • sout
  • 2 groot pakke Whispers sjokolade

Plaas suiker en botter saam in ‘n groot mikrogolf bak.
Mikrogolf die mengsel ‘n bietjie sodat die botter kan smelt, meng dan goed.
Sit kondensmelk by en meng weer.
Mikrogolf die mengsel vir 6 – 8 minute en roer elke 2 minute.
Oppas vir oorborrel as jy nie gereeld roer nie.
Meng die asyn, vanilla en sout by en roer weer.
Laat mengsel effens afkoel (anders smelt die Whispers se sjokolade weg) en gooi dan 1 pakkie van die Whispers in en meng versigtig dat dit nie smelt nie.
Keer die beslag uit in ‘n bak of pan, maak gelyk bo-op en pak die ander pak Whispers bo-op.
Druk dit met jou vingers effe in die beslag in.
Laat dit vir so 3 ure in die yskas rus en sny in blokkies.
Maak 20 na 30 blokkies, hang af hoe groot dit gesny word.

Foto: Betsie Venter

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page