Your Recipe Blog

FRIKKIE SE UNIEKE FLOPVRYE BROOD

FRIKKIE SE UNIEKE FLOPVRYE BROOD

“Uiteindelik ‘n flopvrye brood gebak. Lees die nota oor hoe om die broodpanne voor te berei. Binne 30 minute klaar in ‘n konveksie-oond! Sommer gemaak met ‘n koekmenger en all. Wat ons uitgevind het, is dat die brood glad nie vassit hoe meer jy dit klits nie. Biki slapper deeg as normaal om beter te meng. Uitstekende resultate. Vroulief sê mos ek is altyd haastig met als.”

  • 4 koppies koekmeel
  • 1 teelepel sout
  • 3 teelepels droë gis
  • 1 teelepel suiker
  • 2 koppies lou water
  • 2 teelepels groente-olie
  • Vir bak van brood:
  • 2 broodpanne  een met gaatjie in bodem)
  • dun draad, om panne te bind

Plaas gis en suiker in een koppie lou water. Plaas die gismengsel (behou koppie, onuitgespoel) vinnig in elektriese menger se bak. Meng op hoë spoed tot reg.
Gebruik deegtoestel van menger en sit die meel en sout by. Meng tot mooi opgelos.
Sit nog een koppie lou water in gismengsel se koppie om te spoel en giet gou by mengsel terwyl klits, anders klont die deeg. Voeg spoegie water by om tekstuur reg te kry. Party meel bevat meer vog as ander.
Smeer panne elkeen met een teelepel of meer olie.
Skep mengsel in pan sonder gaatjie (m.a.w. onderste pan).
Plaas ander pan (met gaatjie) bo-op onderste een.
Bind panne vas met draadjie.
Draai die konveksie-oond se rakkie om en plaas dit onderstebo in oond.
Plaas broodpanne op rakkie in oond.
Stel oond op minimum hitte – 100 °C (vir winterseisoen ook) om te rys.
Die druk binne sal by boonste pan se gaatjie ontsnap. Hou asseblief dop deur gaatjie wanneer tot bo-aan raak van bodem van boonste pan.
Verstel hitte tot 200 °C vir 15 minute lank. Draai panne om met boonste pan nou onder. Bak nou weer vir 15 minute. Wanneer klaar, haal uit. Die brood val uit wanneer goed genoeg gemeng is. Plaas dit op oond se hoë rakkie om af te koel. Wanneer jy ‘n donkerder brood wil hê, plaas brood terug en bak elke kant vir vyf minute lank teen 200 °C.

Resep en fotos: Frikkie Engelbrecht

Nota: Frikkie Engelbrecht –  Konveksie oond brood bak
Jy benodig twee broodpanne vir hierdie resep. Kap gaatjie met spyker en hamer (of jou eie metode) in die een pan. Onthou, hierdie gaatjiepan sal nou meeestal net vir hierdie metode van broodbak gebruik kan word.
Konveksie oonde het direkte hitte met ‘n aanhoudende fan wat ook blaas direk bo op die brood. Met die in gedagte.
Verder wou ons die deeg laat rys sonder om in die son te plaas, veral wanneer dit bitter koud is, maw plaas oond op minimum hitte van 100°C.

Plan
Met ‘n oop pan werk nie. Die deeg droog uit voordat dit tyd kry om te rys. Dit vorm ‘n kors. Dan kry ons ook nie ‘n groot genoeg pan vir die resep nie. Plan is om twee identiese panne te gebruik om bo op mekaar te plaas om te verhoed dat die brood uitdroog voordat dit rys ens. soos ‘n oond in ‘n oond effek, om die direkte hitte en wind te omseil.
Plaas die deeg in onderste pan wat so te sê vol is. Plaas die ander pan onderstebo bo op die pan met die deeg in. Die boonste pan het ‘n gaatjie in waar die hitte en die lug ontsnap wanneer die deeg rys, anders forseer die druk die deeg tussen die 2 panne uit weens die “pressure” binne in die panne. Baie kere wanneer jy bietjie te laat is druk dit die deeg uit tussen die 2 panne, maar met oefen kry jy dit perfek. Daar is geen brood panne vir ‘n Konveksie oond nie. So, boer maak ‘n plan. Party maal sal die deeg rys binne 10 minute, ander kere eers na 30 minute. Die geheim is dat die water nie te warm, ook nie te koud moet wees nie.
Die draadjie waarmee ons die 2 panne aan mekaar vas maak is redelik styf, maar kan oor en oor op en af gehaal word.
Verder weens die baie direkte hitte en wind op die brood word die deeg natter as normaal gemeng, want meer water verdamp tydens die bak proses. Hoop die help.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page