FRIKKIE SE HEERLIKE YSTEE
- 1.7 liter kookwater
- 4 Hibiscus teesakkies
- 1.7 liters appelsap
- 3 blikkies “Cheeky Cranberry” koekdrank
- kruisement, bessies en/of roosblare, opsioneel
Giet die ketel kookwater oor die teesakkies en los om te staan tot dit koud is. Verkoel tot yskoud.
Meng die tee en appelsap in gelyke dele, voeg die “Cheeky Cranberry” by en giet in ‘n mooi beker met baie ys. Sit die blare en bessies ook in die beker indien verkies.
Bedien yskoud.
Resep en foto: Frikkie Jones