FRIKKE SE PANZANELLA
- paar dik gesnyde snye ciabatta brood, in growwe blokke gesny
- 1 van elke kleur soetrissie (groen, rooi, geel)
- 2 klein uie
- olyfolie
- sout en peper
- 2 eetlepels suiker
- handvol ontpitte olywe
- 2 teelepels kappertjiesade
- gerasperde skil en sap van ½ suurlemoen
- gemengde tamaties
- grofgekapte Italiaanse pietersielie, opsioneel
- Parmesaan skaafsels
- Marinade:
- 1 gekapte knoffelhuisie
- 1 eetlepel suiker
- 1 eetlepel balsamiese asyn
- sout en growwe peper
Skil die rissies met ‘n aartappelskiller, ontpit, verwyder die segmentverdelers en sny die rissies in 3 cm blokke. Sny die uie in kwarte en maak los van mekaar. Pak op ‘n bakplaat, besprinkel met olyfolie, sout, peper en suiker en rooster in oond tot mooi gekarameliseer.
Maak ‘n marinade van knoffelhuisie, suiker, balsamiese asyn, sout en growwe peper en marineer grofgesnyde tamaties daarin.
Plaas die brood onderin ‘n slaaibak, gevolg deur die tamaties met sous, rissies en uie met sous. Plaas volgende die olywe en kappertjiesade bo-op, gevolg deur suurlemoensap, -skil en pietersielie.
Meng die slaai liggies deur en garneer met parmesaan skaafsels.
Laat die slaai ten minste 1 uur staan sodat geure kan meng voor opdiening.
Nota:
Die idee is dat die brood die vloeistof absorbeer en begin sag word.
Resep en foto: Frikkie Jones