Your Recipe Blog

FRIKKADELLE MET PAPRIKASOUS

Recipe by
Cook: 15-20 minute | Servings: 12-14

FRIKADELLE MET PAPRIKASOUS

  • Frikkadelle:
  • 800 g maalvleis
  • 3 snye witbrood, geweek in 125ml melk
  • 1 ui, gekap
  • 2 eiers, liggies geklits
  • sout en peper na smaak
  • 3 ml paprika
  • 3 ml droë oreganum
  • 5 ml fyn koljander
  • 3 ml neutmuskaat

Meng al die bestanddele vir die frikadelle en vorm 12-14 frikkadelle.
Bak in ‘n oondpan teen 180ºC tot gaar, maar nie droog nie.

  • Paprikasous:
  • 1 groot ui, gekap
  • 30 ml botter
  • 40 ml koekmeel
  • 10 ml paprika
  • sout en peper na smaak
  • 2 ml Tabasco, opsioneel
  • 125 ml droë wit wyn, effe verhit
  • 125 ml vleisaftreksel
  • 125 ml room

Smelt die botter en braai die ui tot sag.
Voeg die koekmeel by en roer tot glad.
Voeg die res van die geurmiddels by en roer die verhitte wyn en aftreksel geleidelik by.
Bring tot kookpunt en laat vir 10 minute lank stadig prut.
Voeg die room by en verhit tot deurwarm.
Dien op saam met die frikkadelle.

Resep en foto: Amanda Austen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page