Your Recipe Blog

FRIKKADELLE IN SOETSUURSOUS

FRIKKADELLE IN SOETSUURSOUS

  • 500 g maalvleis
  • 1 ui, fyn gekap
  • 1 teelepel droë pietersielie
  • 1 teelepel kerriepoeier
  • 1 teelepel asyn
  • 1 teelepel Worcestersous
  • sout en peper na smaak
  • 1 eier geklits
  • 125 ml mielieblom
  • olie
  • Sous:
  • olie
  • 1 ui, gekap
  • 1 groen soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
  • 1 rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
  • 1 eetlepel mielieblom
  • 4 eetlepels bruinsuiker
  • 2 teelepels sojasous
  • 125 ml witwyn
  • ½ pynappel, in blokkies gesny

Meng maalvleis, ui, pietersielie, kerriepoeier, asyn, Worcestersous, sout en peper.
Voeg eier by en meng deur. Vorm klein frikkadelletjies. Rol in mielieblom. Skud die oortollige mielieblom af.
Verhit genoeg olie en braai frikkadelle tot goudbruin. Hou warm.

Sous:
Verhit olie en soteer ui tot sag.
Voeg soetrissies by en soteer verder.
Meng mielieblom, suiker, sojasous en wyn.
Roer pynappel by. Voeg by uiemengsel.
Laat stadig prut tot verdik.
Giet oor frikkadelle en sit voor saam met pasta.

Foto: Benhet Nieuwenhuis

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5