Your Recipe Blog

FRAPPE DE WAYNE

FRAPPE DE WAYNE 😂😅😄

Oorspronklik van die Griekse Eilande, maar aangepas in Krugersdorp!!!
Gebruik ‘n lekker diep koffie beker en sit die volgende in:

  • 10 ml Necafe Classic koffie korrels
  • 15 ml suiker
  • 5 ml geursel van jou keuse, opsioneel
  • 25 ml koue water

Gebruik ‘n koffie klitser (vir cuppacino skuim) of ‘n elektriese whisk en klop dit tot ‘n baie dik skuim wat in die beker bly sit as jy die beker onderstebo draai.
Sit so 3 of meer ysblokkies in en roer deur.
Vul nou jou beker op met melk en roer goed deur.
Bedien met ‘n strooitjie.

GENIET!!!

Variasies: 
Jy kan die hoeveelheid koffie aanpas vir hoe sterk jy dit wil hê.
Jy kan die hoeveelheid suiker aanpas na gelang hoe soet jy dit wil hê.
Vervang die ysblokkies met growwe ‘gebreekte ys’ vir ‘n lekker tekstuur.
As jy ‘n ryker Frappe soek kan jy ideal melk gebruik. As jy ‘n minder ryk Frappe soek kan jy water gebruik.
Voel vry om ‘n ruim knerts van jou gunstelling likeur of spiritus alkohol (brandewyn of whiskey) by te roer in die skuim.

Resep en foto:  Wayne Dugmore

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page