Your Recipe Blog

FRANSE UIESOP MET KAAS CROUTONS

Recipe by
| Servings: 4-6 portions

FRANSE UIESOP MET KAAS CROUTONS

  • 6 groot uie, in dun ringe gesny (ek het my uie in helfte gesny)
  •  60 ml botter
  • 2 knoffelhuisies, fyn gedruk
  • 15 ml koekmeel
  • 1.5 liter goeie beesvleisaftreksel
  • 125 ml sjerrie
  • 5 ml vars tiemie blare

Verhit die uie en botter oor lae hitte saam in ‘n groot kastrol.
Verhit tot die uie liggies begin braai. Sit die deksel op en smoor die uie tot sag.
Haal die deksel af, voeg die knoffel by en braai tot die uie lig goudbruin en gekaramelliseer is.
Sprinkel die meel oor en roer vir ‘n paar sekondes.
Voeg die aftreksel, sjerrie en tiemie by en verhit, terwyl geroer word, tot kookpunt.
Laat prut vir sowat 10 – 20 minute tot sop dik genoeg is.
Pasdie sout aan indien nodig.

  • Kaas Croutons
  •  1 middelslag Franse brood
  • 80 ml mayonnaise of suurroom
  • 1 eier
  • 250 ml fyngerasperde Gruyere kaas (ek het net Cheddar beskikbaar gehad)

Verhit oondrooster. Sny brood in snye.
Meng die mayonnaise/suurroom, eier en gerasperde kaas goed saam en smeer egalige lagie daarvan op elke snytjie brood.
Rooster tot die kaas goudbruin en die broodjies bros is. Skep sop in bakkies en sit voor met croutons.

Nota :
Ek weet uiesop is veronderstel om in ringe of repe te wees, maar dit maak dit vir my morsig om te eet. Ek sal volgende keer die helfte fyner kap en minder van dit in repe. Dit was nietemin heerlik.

Resep geplaas deur Petro Borchard
Foto: Petro Borchard

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5