FRANSE ROOSTERBROOD ROLLETJIES MET WEENSE WORSIES
Hiers my weergawe (lekker en vinnig)
- 2 medium eiers, geklits met ‘n bietjie Aromat
- 4 snye brood, met korsies aan
- 4 gerookte worsies, of van jou keuse
- 1 koppie gerasperde Cheddar kaas
- 2 eetlepels Canola olie, vir vlakbraai
Plaas die geklitste eier en Aromat in ‘n diep bakkie waarin jy die brood kan indoop.
Neem ‘n plat pan en verhit die olie daarin oor matige hitte.
Neem ‘n sny brood op ‘n werksoppervlak, besprinkel liggies met die gerasperde kaas (of sprinkel kaas voor opdiening oor die rolletjies in die pan), plaas ‘n worsie in en rol die sny op.
Druk effens vas en doop in die eiermengsel dat hele rolletjie bedek is met die eier.
Plaas in die matige warm pan. Braai tot goudbruin aan weerskante.
Nota:
Ek het koue worsies gebruik en dit het mooi warm geword, gebruik opgewarmde worsies (drooggedruk sonder sous) indien verkies. Geniet die rolletjies net só, met tamatiesous oor óf met slaai.
Gaar boerewors behoort ook lekker te wees.
Resep en foto: Christelle van Rooyen