FRANS SE DADELMERINGUE KOEK
- 10 eierwitte
- 1 koppie strooisuiker
- 125 g dadels, fyn gesny
- room vir vulsel
Klits eierwitte styf. Voeg strooisuiker geleidelik by. Sny dadels fyn en meng in.
Skep in twee losboompanne.
Bak vir ±40 min tot kleur wys by 180°C. Haal uit die oond.
Laat panne op kombuistafel afkoel. Haal uit panne.
Vul tussen die twee lae met styf geklopte room (soos ‘n broodjie) wanneer koud.
Onthou dit is bros en kan kraak. Die styfgeklopte room hou die broodjie bymekaar.
Versier volgens eie smaak.
Heel eenvoudig. Dit word nie pap. Ek hou dit in yskas.
Resep en foto: Frans van Rensburg