FRANCO SE ITALIAANSE BOLOGNAISESOUS
- 2 groot uie, fyn gekap
- 3 groot wortels, gerasper
- 1 bossie sop seldery, fyn gekap
- 1.2 kg maalvleis
- 2 fyn knoffelvingertjies
- ‘n glas rooi droē rooiwyn
- 3 blikke heel geskilde tamaties, gekap
- 2 x 50 g tamatiepasta
- bossie soet basilie kruid, fyn gekap
- sout en peper na smaak
- 1 liter beesvleis aftreksel
Braai ui tot glasig en voeg seldery en wortel by.
Stoom tot sag.
Voeg knoffel by en braai tot dit geurig is.
Maak ‘n holte in die middel van die mengsel en voeg die maalvleis by.
Braai tot die maalvleis bruin is.
Voeg die tamatiepasta by en laat suur uit braai vir 5 min.
Voeg rooiwyn by en laat afkook vir 3 min.
Voeg aftreksel by en laat kook stadig op medium vir 20 min.
Voeg die tamatie by en laat stadig prut vir so 1 en half uur tot sous dikker word.
Basilie word in die laaste uur bygevoeg om te prut.
Geur met sout en peper na smaak.
Nota:
Ek voeg ongeveer 3 eetlepels suiker in net om die suur te breek.
Ek het myne vir 3 ure laat prut tot lekker dik.
Bedien met pasta van jou keuse.
Foto en resep : Franco Dippenaar
Chantelle Smith
I must commend you on your recipe the 1st time that anyone has posted the correct recipe. No other way in making the perfect sauce, however a pinch of cinnamon is also added, it just gives it that ultimate flavour