FRANCES SE TUNATERT ROL
- 2 blikkies Tuna
- 1 medium ui, fyn gekerf
- 1 koppie fyn gerasperde kaas
- 1 pak kaas en uie skyfies, fyn gemaak
- 3 eetlepels mayonnaise
- 3 eetlepels blatjang
- sout en growwe pepper
- 1 rol skilferkorsdeeg
- geklitste eier, om oor te smeer
Meng al die bestanddele saam buiten die deeg en eier.
Rol die skilferkorsdeeg effens platter uit op ‘n meelbestrooide oppervlak.
Skep die tunamengsel bo-op die deeg en rol mooi toe, met die naat na onder.
Sny gleuwe bo-op in die rol, smeer geklitste eier oor en in die gleuwe. (sien 2de foto)
Bak by 180°C vir so uur.
Bedien saam met ‘n lekker vars slaai.
Foto en resep: Frances Smith