FLUISTERGENOT – WHISPERS PUDDING
My weergawe van die Fluistergenot (Whisperspoeding/tert)
- 1 sjokoladerolkoek (sommer gekoop)
- 1 koppie room
- 1 houer roomkaas
- 75 ml suurlemoensap
- 1 blik kondensmelk (ek het minder gebruik)
- 2 x 65 g Whispers (die met die koekies binne)
- 15 klein skuimpies
Sny rolkoek in skywe en plaas lagie in ‘n mooi bak.
Klits room lekker styf. Voeg suurlemoensap by. Klits goed.
Voeg roomkaas en kondensmelk by die roommengsel en klits weer goed.
Maak skuimpies en Whispers bietjie fyn en voeg by roommengsel. (hou bietjie vir versiering)
Meng goed. Smeer helfte van die megnsel bo-op die lagie rolkoek.
Pak weer ‘n laag rolkoek en skep res van roommengsel bo-op.
Strooi gekrummelde sjokolade bo-op. (Ek het van die rolkoek ge”gril” tot bros en toe fyn gemaak en oorgegooi).
Versier met Whispers en kersies – ek wag vir my mense om te kom vir die roomblommetjies!
Resep en foto: Corrie Pretorius du Plessis