FILO GROENTE NESSIES
- 3 of 4 broccoli stingels fyn gekap, myne was gevries
- klein fyngekapte ui
- 3 sampioene, fyngekap
- 2 eiers
- 150 ml melk
- Filo deeg
- botter, om mee te verf
- kaas van jou keuse, gerasper
- speserye van jou keuse
- 1 eetlepel volroom gewone jogurt
Plaas die eerste 3 bestanddele vir 1 min in mikrogolf op hoog met bietjie botter.
Sny die filo deeg in blokkies en voer ‘n muffin pan daarmee uit, elke vel met botter geverf en met 4 velle herhaal.
Kan ook in bondeltjies of pakkies gemaak word of sommer in groter bak.
Skep groente binne in filo nessies en sprinkel kaas van jou keuse oor.
Klits eiers met melk saam met groente speserye van jou keuse, ek het ‘n eetlepel volroom jogurt ook bygeklits.
Skep bo-oor groente in die nessies.
Bak vir 15 min by 180°C.
Nota:
Enige groente van jou keuse kan gebruik word.
Resep geplaas deur Carla Botha
Foto: Carla Botha