FANIE SE SEMEL-MEEL BESKUIT
Hierdie resep is vir 1 beskuitpan met drukker grootte 500 mm x 350 mm x 20 mm.
Ek meng 4 verskillende variasie gelyk en bak gelyk, want my oond het die spasie, maar geniet die resep net soos dit jou pas.
- 1. Sif en meng droë bestanddele saam:
- 1 kg bruismeel
- 2¾ teelepel bakpoeier
- 1 teelepel sout
- 1 koppie koekmeel
- Voeg by:
- 1½ koppie semels
- 25 ml lynsaad
- 25 ml sesame
- ½ koppie sonneblomsaad, grof gekap (70 g)
- ¾ koppie klapper
- Opsie 1: + ¼ koppie pekaneute (30 g)
- Opsie 2: + ⅓ koppie Bosbessies (cranberries) (40 g) ipv pekaneute
- Opsie 3: + ¼ koppie grofgekapte pampoensade
- Meng alle droë bestanddele (1) met ‘n balklitser stadig. Vryf in met:
- 400 g sagte goeie bak margarien
- 2. Meng saam:
- 2 koppies karringmelk of volroom maas (ek gebruik volroom maas)
- ½ koppie kookolie
- 2 eiers
- 1½ koppie suiker
- 50 ml melk
Maak holte in middel van droëmengsel 1 en giet mengsel 2 in die holte.
Meng alles liggies met groot 3-tand vurk.
Skep in beskuitpan en druk lossies met vurk om pan te vul.
Bak in konveksieoond op 155ºC vir 40 minute.
Pak op oondrakke en droog:
Ek het 4 panne beskuit gelyk in oond gedroog op 75°C met deur effens oop. Het die “switch” ge “jippo” en na 4 ure was beskuit droog.
Volgende 4 panne gedroog op 75°C met toe deur. Na 2 ure was alles perfek gedroog.
Nota:
Getoets. U kan die resep net so gebruik.
Resep en fotos: Fanie Smit