ESTEE SE ROOMYSKOEK
- 10 liter vanilla roomys
- 4 klein pakkies “shortbread” koekies, of enige koekies van jou keuse
- Versiering:
- 500 g pre-mix mousse
- 600 g koue water
- 400 g room
- fyn koekies
- Whispers
- gras – gekoopte fondant
Hierdie koek is 30 x 40 cm.
Plaas ‘n pan in die vrieskas voor die tyd vir so 2 ure.
Met ‘n menger klits die roomys met die deeg menger tot lig en donsig.
Breek die “shortbread” koekies stukkend en meng by die roomys in.
Haal die koue pan uit die vrieskas en sit gladwrap binne voor jy roomys inskep.
Plaas waspapier bo-oor en vries oornag.
Versiering:
Die versiering is gedoen met sjokolade mousse, fyn koekies en Whispers. Die gras het ek uit fondant gesny die aand voor die tyd, sodat dit droog word.
Ek het sommer pre-mix mousse by ons plaaslike bak winkel gekoop.
Die versier deel vat lank. Ek versier gewoonlik een deel op ‘n slag, sit die koek terug in die vrieskas en die mousse in die yskas en so gaan jy aan tot jy klaar versier is.
Bere die klaar koek in die vrieskas tot bedien.
Die mousse wat oorbly kan nagereg wees of kan altyd weer gebruik word om cupcakes te versier.
Ek het in Maart vir my man ‘n Starwars Peppermint Crisp roomyskoek gemaak. Met 5 liter vanilla roomys, 1 blikkie caramel, 1 pakkie Oreos en ‘n groot peppermint crisp slab ingerasper.
Wat ek van die resep hou is dat jy regtig met alles kan speel… die verskeidenheid van geure en teksture.
Resep en foto: Estee Geyser