Your Recipe Blog

ESDORINGSTROOP- EN SPEKWORTELS

Cook: 35 - 40 min | Servings: 6 porsies

ESDORINGSTROOP- EN SPEKWORTELS

  • 6 medium grootte wortels
  • 6 repe spek
  • 30 ml esdoringstroop of heuning
  • grof gemaalde swartpeper

Voorverhit die oond tot 200ºC en voer ‘n oondbak uit met bakpapier.
Draai ‘n reep spek om elke wortel.
Plaas die toegedraaide wortels in die uitgevoerde oonbak, smeer die stroop of heuning bo-oor die toegedraaide wortels en strooi die swartpeper oor.
Bak die wortels vir 10 min, verwyder dit uit die oond en smeer weer stroop of heuning oor.
Stel die oond af na 180ºC, plaas die bak met wortels weer terug in die oond en bak vir 25 tot 30 min tot die wortels sag en die spek goudbruin is.

Resep en foto: Amanda Austen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page