Your Recipe Blog

ERTJIESOP

ERTJIESOP

  • 1 pakkie splitertjies
  • 1 groot ui, opgekap
  • 1 pakkie gesnipperde spek
  • 3 aartappels, gerasper
  • 4 wortels, gerasper
  • 1-2 blokkies hoenderaftreksel opgelos in bietjie kookwater
  • sout en peper na smaak

Braai gekapte ui en gesnipperde spek saam in ‘n kastrol waarin jy sop wil maak.
Haal uit, plaas eenkant. (of jy kan dit netso saam met die res van die ander bestanddele kook)
Spoel ertjies af en plaas in kastrol met so helfte water.
Kook saam met gerasperde aartappels en wortels totdat alles lekker sag is.
Nota:
Indien jy die spek uitgehaal het, kan jy dit nou terugsit en vir die laaste paar minute saam met die sop kook.
As dit te dik is, voeg kookwater by tot verlangde dikte.
Voeg hoenderaftreksel by en kook goed deur.
Toets sout en peper en pas aan na smaak.
Geniet!

Nota:  Ertjies kan oornag in water geos word, dan kook dit vinniger sag.

Resep gepos deur en foto: Alta Vigus

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5