ERTJIESOP MET GEROOKTE VARK
(My eie resep )
- 500 g droë split ertjies
- 500 g gerookte vark eishbein
- 4 preie of groot ui, in ringe gesny of gekerf
- 2 tot 3 aartappels, gerasper of in blokkies gesny
- 5 wortels gerasper
- 2 hoender ekstrak blokkies (ek gebruik Knorr se stock pots)
- 30 ml tamatie puree/pasta of tamatiesous
- 30 ml Worcestersous
- sout en peper, na smaak
- 15 ml suurlemoensap
Laat erte oornag in water week, was volgende dag goed af.
Kook erte, preie of uie en vleis tot sag.
Rasper of sny wortels en aartappels in blokkies en voeg by.
Laat kook tot groente sag is.
Haal eishbein se been uit, vlok die vleis of sny in stukkies en sit terug in die mengsel.
Skep van die erte uit en druk fyn of BLITS met “blender stick”.
Skep terug in die pot, geur met sout en pepper, tamatiesous, Worcestersous en suurlemoensap.
Laat koop vir nog 15 na 20 minute.
Prutpot metode:
Plaas alles in die prutpot behalwe sout en pepper, tamatiesous, Worcestersous en suurlemoensap,
Voeg kookwater by – in die prutpot
Prut vir 5-6 ure of oornag.
Haal been uit en vlok die vleis liggies.
Druk erte fyn met ‘potato masher’ of BLITS met “blender stick”.
Geur met sout en pepper, tamatiesous, Worcestersous en suurlemoensap.
Foto en resep: Heleen Brümmer Nel