ERTJIESOP IN DIE STOOMPOT
- 1 kg bees kookvleis
- 1 pakkie split-ertjies
- 3 uie
- 6 groterige aartappels
- 15 ml asyn
- biefblokkie of hoederblokkie
- Aromat, sout en peper
Stoom die vleis in die stoompot vir 20 minute. Voeg genoeg water, sout en die asyn by.
Solank die vleis gaar raak, skil die aartappels en uie. Rasper dit met die growwe kant van die rasper.
As die vleis klaar gaar is, verwyder die stoompot van die plaat en laat die stoom afblaas.
Voeg die aartappels en uie by.
Spoel die ertjies af en voeg dit bo-op die vleis in die stoompot.
Voeg die geurmiddels by en genoeg water.
Ons stoompot hou 11 liter. As alles in is, moet die stoompot bokant half wees met water.
Stoom vir nog 20 min. Laat die vleis onderin die pot lê sodat die ertjies nie so maklik kan brand as dit onder lê nie.
Verwyder en proe of daar nie dalk bietjie sout kort nie.
Nota:
Pasop om nie die stoompot te vol te maak nie. Gee die pot kans om self van die stoom ontslae te raak, aangesien sop geneig is om bo te wil uitspuit as die gewiggie afgehaal word terwyl die pot onder druk is.
Eet met vars brood en botter.
As daar sop oorbly, stol dit as dit koud word en kan daar bietjie water bygevoeg word wanneer dit weer warm gemaak word.
Resep geplaas deur Dawie Vd Heever
Foto: Dawie Vd Heever