ERTJIESLAAI MET SPEK
Ek het vanmiddag ertjieslaai gemaak vir vanaand se braai.
- 500 g gevriesde ertjies, gooi kookwater oor om te ontdooi
- 1 ui, geskil en gekerf
- 250 g spek stukkies
- 250 ml mayonnaise
- sout en peper
Braai spek tot gaar en laat afkoel.
Laat ertjies staan in kookwater tot koud, gooi water af sit in glasbak.
Voeg ui en afgekoelde spek by ertjies.
Strooi sout en peper oor na smaak.
Meng mayonnaise deur slaai en verkoel in yskas.
Resep: Ma Dumas
Foto: Marie Dumas Jennings