Your Recipe Blog

ERNA SE PAVLOVA

Avatar photo
Recipe by
Cook: 1 uur 30 minute

ERNA SE PAVLOVA

Ek het al meer Pavlovas gebak as wat ek kan tel, maar ek kan eerlik sê hierdie is verreweg die BESTE metode wat my betref!

  • 6 eierwitte
  • 1 ¾ koppies strooisuiker
  • 1 teelepel asyn
  • 1 teelepel vanielje geursel
  • 2 teelepels Maizena
  • 1 eetlepel kookwater

Voorverhit die oond tot 110°C.
Plaas al die bestanddele in die bak van ‘n elektriese menger en klits dat die “biesies bewe” vir 10 – 15 minute tot dik en glansend.
Trek ‘n sirkel van 24 cm op ‘n vel bakpapier. (trek sommer die rand van ‘n koekpan af)
Plaas die bakpapier op ‘n oondpan en stapel die mengsel in ‘n sirkel en maak die randte glad.
Maak ‘n effense holte in die middel vir jou room en vrugte.
Bak 1 ½ uur en skakel dan die oond af.
Los die Pavlova totdat die oond heeltemal afgekoel het. As jy dit uithaal as dit nog warm is, gaan die skielike temperatuur verskil dit laat kraak EN die binneste “marshmallow” kan heelwat insak.

Nota:
Maak seker jy gebruik bakpapier en nie waspapier nie.

Resep en foto: Erna Welgemoed Bruwer

2 Reviews

  1. G Swart

    Kan mens dit op n bewolke dag bak?

    • Hallo, ja jy kan omdat dit in die oond afkoel, maar dit is altyd baie raadsaam om met meringue te werk wanneer daar nie teveel vog in die lug is nie.
      Lekker bak.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page