ERNA SE BROS GEBRAAIDE OOND AARTAPPELS
- aartappels
- sout
- olie
- geurmiddels
Skil en sny aartappels in stukke.
Kook tot amper sag in soutwater.
Dreineer die aartappels goed en plaas in ‘n oondpan wat met “Spray ‘n Cook” gespuit is.
Prinkel ‘n bietjie olie oor die aartapels en geur na smaak. Roer deur (ek keer dit om met ‘n eierspaan).
Bak op 180°C vir 20 min. Roer die aartappels om en bak weer so 20 min.
Kyk nou elke 10 – 15 min tot lekker bros en krakerig.
As jou oond ‘n waaier het, gebruik dit.
Gebruik olie spaarsamig. Dit moenie in olie lê en braai nie.
Nota:
Ek maak dit gewoonlik saam met braaivleis.
Ek kook die aartappels klaar en berei voor in die oondpan. So uur voor ons eet sit ek dit in die oond en kyk dan na die einde se kant hoe lank dit gaan wees voor braaivleis reg is en stel oond so warmer of kouer.
Dis lekker as jy dit dadelik uit die oond kan opdien. As dit staan is dit nie meer so “crispy” nie.
Resep en foto: Erna van der Merwe