ELNA SE APPELKOOS BLATJANG
- 5 kg appelkose
- 8 groot uie
- 2 teelepel gedroogte rissievlokkies
- 2 liter bruinasyn
- 2 kg bruinsuiker
- 15 ml sout
- 15 ml koljander
- 1 teelepel naeltjies
- 250 g gekapte peppadew pepers
- 25 ml knoffel
Was die appelkose en verwyder pitte, sny in kwarte.
Ek het die uie in ‘n voedselverwerker fyn gekap.
Meng alles in groot kastrol.
Kook vir 1 uur op matige hitte.
Haal van hitte af as kleur ligte bruin is of na smaak.
Bottel terwyl warm.
Laat staan tot koud.
Resep en Fotos: Elna Erasmus