ELIZABETH SE HOENDERBOUDJIES
Sondagete, heeltemal iets anders.
- 12 boudjies, gekook
- 6 medium groot aartappels
- 1 ui
- sout, peper en bietjie pietersielie
- koekmeel om in te doop
- 4 eiers
- krummels om in te rol
- olie vir diepbraai
Hoenderboudjies gekook tot gaar, ontbeen, hou bene eenkant.
Kook aartappels in water tot gaar.
Braai die ui tot goudbruin.
Maak aartappel fyn en voeg by fyn hoender en ui.
Ek het my hoender bietjie grof gehou.
Geur met sout en peper en bietjie pietersielie.
Maak balle en vou dit om die hoenderbeen.
Doop in meel en laat rus in yskas vir ± ½ uur.
Klits die eiers en doop die boudjies in die eiermengsel en daarna in krummels.
My krummels is brood krummels en fyn cornflakes.
Laat rus weer in yskas vir ‘n ruk.
Baai in diep olie.
Dit het my verbaas hoe heerlik dit uitgekom het.
Resep en foto’s: Elizabeth Haupt