ELANA SE SEEKOS PAELLA
- Braai saam:
- 1 rooi ui
- 1 groen soetrissie
- 1 rooi soetrissie
- bietjie olyfolie
- 1 teelepel knoffel
- Voeg die volgende by volgens metode onderaan:
- paar stukkies salami
- 1 ½ teelepel borrie
- 2 teelepels paprika
- 1 ½ koppie rou rys
- 1 koppie witwyn
- paar takkies vars tiemie
- 750 ml of meer as nodig hoenderaftreksel
- kalamari ringe, seekosmengsel, garnale en halfskulp mossels
- sout en peper, na smaak
- Versier:
- vars gekapte pietersielie
- suurlemoen wiggies
Voeg so paar stukkies salami (eintlik chorizo wors) maar kon nie kry by en braai weer paar minute. Voeg borrie en paprika by.
Strooi die rou rys oor en roer deur, sit die witwyn vars tiemie by.
Laat so minuut kook en voeg daarna die hoenderaftrekel stadig by en laat kook tot rys net net gaar is.
Voeg die kalamari ringe, seekosmengsel en garnale by en kook tot sag.
Laastens voeg die halfskulp mossels by. Kook nog paar minute tot mossels gaar is, draai die plaat af en laat staan vir ruk om te rus. Geur met nog sout en peper.
Strooi net voor opdiening pietersielie oor en pak die suurlemoen wiggies bo-op.
Resep en foto: Elana Koch