Your Recipe Blog

EIERVRUG, SPINASIE EN RICOTTAROLLETJIES

Cook: 20 - 25 minute

EIERVRUG, SPINASIE EN RICOTTAROLLETJIES

  • 2 eiervrugte, in die lengte in skywe gesny (so 5 – 6 skywe per eiervrug)
  • 3 eetlepels olyfolie
  • sout en peper na smaak
  • 300 g bevrore spinasie
  • 250 g Ricotta of maaskaas
  • ½ wiel Feta, gekrummel
  • 2 teelepels vars kruisement, gekap
  • 2 knypies neutmuskaat (nutmeg)
  • 1 teelepel suurlemoensap
  • 2 handevol babaspinasie gekerf
  • 200 ml Mozzarella kaas, gerasper

Rooster die eiervrug by 220 ºC vir 15 – 20 minute (hou dit dop om nie te brand nie) tot ligbruin.  Laat afkoel.
Plaas die spinasie in die mikrogolf en maak gaar op hoë hitte vir 4 minute.
Laat dit afkoel en druk al die vloeistof wat jy kan, uit.
Meng die spinasie met die kase (buiten die Mozzarella), kruisement, suurlemoensap, neutmuskaat, sout en peper.
Neem ‘n skyf geroosterde eiervrug, plaas ‘n eetlepel spinasie vulsel in die middel en rol dit op.
Plaas die rolletjies in ‘n gesmeerde oondbak, en sprinkel die babaspinasie en Mozzarella bo-oor.
Bak 20 tot 25 minute by 200 ºC tot goudbruin.
Bedien saam met vleis van jou keuse.

Resep en foto:  Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page