Your Recipe Blog

EIER WOLKIES

EIER WOLKIES

  • 4 eiers, geskei
  • sout en peper na smaak
  • ½ koppie gaar gekapte spek
  • ¼ koppie gerasperde kaas

Klits die eierwitte tot styf. Hou die gele heel en eenkant.
Vou die res van die bestanddele by.
Skep 4 hopies op ‘n bakplaat en maak ‘n gaatjie met die agterkant van ‘n lepel in die middel.
Bak teen 230°C tot die hopies ‘n egalige ligte bruin is, so 6 tot 8 minute.
Skep nou versigtig ‘n eiergeel in elke gaatjie en bak nog 3 tot 6 minute, afhangende van hoe jy van eiergeel hou.
Bedien dadelik saam met lekker roosterbrood.

Bron en foto: Adri Redlinghys

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page