EGTE FRANSE RATATOUILLE
Resep en foto: Hélène Kluge
- 2 eiervrugte, in dun skyfies gesny
- 2 groot uie, in skywe gesny
- 1 elk groen, geel en rooi soetrissie, in stukkies gesny
- 90 ml olyfolie
- 2 fyngekapte knoffelhuisies
- sout, varsgemaalde swartpeper en gedroogte kruie, na smaak
- 10 murgpampoentjies, in dun skyfies gesny
- 5 ryp tamaties, geskil en in skywe
- 10 ml fyn gekapte tiemie
- 150 ml gerasperde Parmesaankaas, gesny
- Besprinkel die eiervrugte met sout en laat 30 minute staan, spoel af en droog af met kombuishandoek.
- Braai die uie en soetrissies in die olyfolie en voeg die eiervrugskywe en knoffelhuisies by en braai verder.
- Geur na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper.
- Bedek en prut tot amper sag. Skep uit in ‘n vlak oondskottel of individuele oondvaste opdienbakkies.
- Rangskik die murgpampoentjieskyfies en tamatieskywe bo-op.
- Besprinkel met die tiemie of ander vars kruie na smaak en bak sonder deksel vir 30 minute teen 180° C. Sprinkel die gerasperde Parmesaankaas oor net voor opdiening.
Category:

