Your Recipe Blog

“EGGCITING” GEVULDE EIERS

“EGGCITING” GEVULDE EIERS

EGGCITING DEVILLED EGGS

  • 6 eiers
  • 3½ eetlepels mayonnaise
  • 1 teelepel appelasyn
  • ½ teelepel mosterdpoeier
  • 1 teelepel heelkorrel mosterd
  • sout en peper
  • paprika
  • pietersielie

Kook eiers tot gaar en plaas dan in koue water.
Wanneer afgekoel, dop eiers af en sny in die helfte.
Skep die eiergele uit en plaas in ‘n bak, hou die eierwitte eenkant op ‘n bord.
Meng mayonnaise, appelasyn, mosterdpoeier en heelkorrel mosterd met die eiergele.
Voeg sout en peper by na jou smaak.
Skep gelyke hoeveelhede van die eiergeelmengsel in die eierwitte.
Sprinkel paprika en pietersielie bo-oor.
Plaas in yskas vir minstens 10 minute en bedien.
Geniet!

Resep en foto: Corlia van Niekerk

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page