EENVOUDIGE WORSROLLETJIES
- 1 pak gevriesde skilferkorsdeeg, oornag ontdooi in yskas
- ± 300 g (3 stukke) butchers wors of jou gunsteling wors
- ± 300 g (3 stukke) “pork bangers”
- 1 eier, geklits
Druk die wors en vark worsies uit hulle omhulsels uit en meng goed saam in ‘n bak.
Vou deeg horisontaal oop en verdeel in drie gelyke stukke.
Vat groot lepels vol worsmengsel en rol dit in jou hande in ‘n wors dikte wors.
Pak uit op die deeg van bo tot onder, so meer na die een kant om voorsiening te maak vir oor vou.
Las die stukke wors maar aanmekaar tot die hele stuk gevul is.
Smeer bietjie eier aan die een kant van die deeg en vou die ander kant oor en druk dit vas.
Vat nou ‘n vurk en seël die randjie en herhaal die proses met die ander 2 stukke deeg.
Sny in grote worsrolletjies van jou keuse.
Verf eier bo-oor worsrolletjies en pak op ‘n gesmeerde bakplaat en bak vir ± 30 min teen 190°C tot mooi bruin.
Nota:
Ek het so elke 10 min geloer. By die einde van die baktyd is die vleis mooi gaar. Kan ook in die airfryer gebak word.
Lewer omtrent 24 rolletjies. Perfek vir kosblik snacks. Geniet.
Foto en resep : Annelize Duvenhage