EENVOUDIGE SAGOPOEDING (MIKROGOLF)
“Het sagopoeding gemaak. Ek het verkies om hierdie keer eers die sago in die aanbevole melk laat week. Na my mening is dit die heel beste mikrogolf sago poeding. Dis sponserig en heeeeeeeerlik.”
- 2 koppies melk
- ½ koppie sago, hoef nie vooraf te week nie
- 3 eetlepels botter
- 2 eiers, geskei
- ⅓ koppie suiker
- 2 ml vanilla geursel
- knypie sout
- appelkooskonfyt, na smaak
- kaneel, na smaak
- 3 teelepels strooi suiker vir eierwitte
Giet melk, sago en botter in bak en mikogolf 10 minute oop by 100% krag (roer gereeld) en daarna vyf minute by 50% krag – roer dit elke twee minute.
Klits eiergele en voeg saam met witsuiker, vanilla geursel en sout vinnig by warm sago mengsel.
Mikrogolf twee minute op 100% krag. Vou nou styf geklopte eierwitte (meng die strooisuiker by wanneer eierwitte pieke maak) by en meng saam met warm mengsel.
Skep mengsel in ‘n glasbak van eie keuse en blop so hier en daar appelkooskonfyt bo-oor en strooi bietjie kaneel oor.
Mikrogolf dit 2 – 3 minute oop by 70% krag.
Sit warm voor.
Resep geplaas deur Michell Steyn
Fotos: Michell Steyn