EENSKOTTEL LAMSGEREG
- 1 koppie gaar rys
- 500 g gaar lamsvleis, in blokkies gesny (ek het oorskiet lamsrak gehad)
- 6 baba-aartappels (vooraf in die mikrogolf gekook vir 6 minute, of tot gaar)
- halwe ui, fyngekap
- 1 teelepel knoffel
- 1 tamatie, in blokkies gesny
- 2 teelepels suiker
- 1 pak geroomde spinasie
- 1 koppie witsous
- 1 wieletjie Feta kaas
Braai die ui, aartappels, knoffel, tamaties en suiker tot liggies verbruin.
Meng dit met die res van die bestanddele behalwe die Feta kaas.
Skep die mengsel in ‘n oondvaste glasbak, sprinkel die kaas oor en bak vir 25 minute teen 180 °C.
Nota:
Onthou alles is klaar gaar, dit moet net deurwarm word.
Foto en resep: Zita Harber