EENSKOTTEL HOENDERPASTAGEREG
- 8 groot hoenderfilette
- 2 eetlepels hoenderspeserye
- 1 pak pasta, enige soort soos verkies
- 2 medium uie, gekerf
- ½ van elk, groen, geel en rooi soetrissies, fyn gesny
- 1 pakkie hoender roomsoppoeier
- 1 pakkie strepies spek, opgesny
- gerasperde Cheddar kaas
Kook die hoenderstukke en hoenderspeserye met genoeg water om genoeg aftreksel te hê om die pasta in te kook.
Kook tot die hoender net gaar is. Haal die hoenderstukke uit en kook die pasta tot net sag.
Hou ongeveer 3 koppies van die pastawater eenkant nadat die pasta en hoender gaar is.
Maak die hoender fyn.
Braai uie, spek en soetrissie saam en hou eenkant.
Meng die hoendersop en die 3 koppies aftreksel saam en kook vir paar minute saam.
Meng die hoender, pasta en spekmengsel saam.
Skep in groot ‘n oondbak en strooi gerasperde Cheddar kaas bo-oor.
Bak in die oond by 180ºC tot die kaas gesmelt is.
Resep en foto: Alta Gunter van Dyk