Your Recipe Blog

EENSKOTTEL HOENDERGEREG

Avatar photo
Recipe by
Cook: 90 min. | Servings: 6 porsies

EENSKOTTEL HOENDERGEREG

Plaas ‘n laag rou Basmati rys onder in die bak. (groot pan)
Pak die hoender porsies op die rys – ongeveer 12 stukke dye en boudjies.

  • Sit die volgende tussen die hoender:
  • 1 botterskorsie, in skywe
  • aartappels, in blokkies
  • gekapte uie
  • rooi en groen soetrissie, gesny
  • sampioene, gekerf
  • geelwortels, geskil en in blokkies gesny
  • Maak ‘n sous van die volgende:
  • 2 liter water
  • 8 eetlepels mayonnaise
  • 4 eetlepels blatjang
  • 2 pakkies hoendersoppoeier
  • hoenderspeserye
  • bietjie fyn naeltjies

Meng die sous bestanddele saam en giet oor die hoender en groente.
Maak bak toe met foelie en bak by 180°C vir om en by 1 ½ uur.
Haal foelie af en bak ‘n verdere 10 minute tot bruin.

Resep en foto: Petré van Jaarsveld

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page