Your Recipe Blog

EENSKOTTEL HOENDER- EN RYSGEREG

Recipe by
Cook: 1½ - 2 ure plus verbruiningstyd

EENSKOTTEL HOENDER- EN RYSGEREG

“Hierdie gereg,  wat ek op die Food Lovers Recipes blog (oorspronklike plasing deur Adam Cloete) gesien het, en vandag gemaak het, is HEERLIK!!! Gebruik ‘n oondskottel met deksel.”

  • 1 koppie rou rys
  • 1½ – 2 koppies gemengde, gevriesde groente (klein blokkies wortels, mielies, ertjies en boontjies mengsel)
  • 1 pak gevriesde hoenderporsies, pakgrootte na eie smaak
  • 1 groot ui, in ringe gesny
  • 1 klein blik perskeskyfies met sous
  • ¼ koppie blatjang
  • 1 pakkie sampioen- of wituiesoppoeier, aangemaak met 500 ml water
  • sout en peper na smaak

Strooi rou rys onder in ‘n gesmeerde oondbak wat eie deksel het.
Versprei gemengde groente eweredig oor rys.
Pak ontdooide hoenderporsies bo-op.
Versprei uieringe bo-oor en rond af met blikkie perskeskyfies en stroop van perskes.
Maak pakkie sampioen- of wituiesop aan met 500 ml water, voeg blatjang hierby, meng goed deur en giet sous bo-oor die bestanddele in oondskottel.
Geur met nog ‘n bietjie sout en peper na smaak, indien nodig. Hou ingedagte dat soppoeier reeds geurmiddels by het, wat gewoonlik genoeg is vir die gereg.
Bak vir 1½ – 2 ure by 160 °C met deksel op. Kyk of hoender sag en gaar is, en rys uitgepof is.
Verwyder deksel, plaas terug in die oond, verhoog hitte van oond na 180 °C. Hou gereg dop sodat hoenderporsies nie brand nie, maar net mooi verbruin en velletjies van hoender bros gebak is.

Resep:  Adam Cloete
Fotos: Drienie Hattingh

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page